Image for Vaarwel, my effens bevlekte held

Vaarwel, my effens bevlekte held

See all formats and editions

Hertzogpryswenner De Lange se jongste gedigte getuig van 'n gevoeligheid en 'n diepte soos nog nie vantevore by hierdie digter nie.

Met sy fokus op die mens en die natuur, boei De Lange die leser opnuut in toeganklike verse wat wissel van die elegiese tot die sardoniese.

Die erns van die menslike drama van leef en sterf word telkens verlig met heerlike humor.

Maar alhoewel die ironie aan die een kant spreek van onthulling, spreek dit andersyds van deernis.Temas sluit in vryheid, afstand, skoonheid, dood, pyn, verlies, religie, seks.

Van die erotiese gedigte spreek besonder sterk van die intensiteit van menslike verlange en eensaamheid.

En oor alles heers die woord delikaat en kragtig gehanteer."'n Besondere bundel, meelewend en gedistansieerd, innig en kontrasterend, met humor en wrangheid, met beelding en ironie." - Henning Snyman

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Human & Rousseau
0798158891 / 9780798158893
Ebook
22/02/2012
South Africa
Afrikaans
220 pages