Image for Monument

Monument

See all formats and editions

Margo Diederichs kom op die Vrystaatse dorp Winburg vrede maak met die ma wie se stryd sy nooit verstaan het nie.

Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit van haar herkoms en identiteit kom uittorring.

Haar tyd op Winburg raak 'n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee.

Sy kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet met die V in sy stert.

Sy verken bywonerstentedorpe na die Anglo-Boereoorlog.

Die liefde en haat, die geloof en die diepste geheime van vier geslagte vroue van wie sy afstam, kom aan die lig in die Winburgse huis waaroor die aartsengelhond Michael snags waak.

Margo stol voor die monument wat haar ma se buurvrou en die se seuns na 'n plaasmoord gebou het.

Sy hoor die hart van haar ma se oppasster, wie se grootjie in 'n swart konsentrasiekamp was.

Ook daar sien Margo monumente. 'n Man wat haar aan Kipling se alleenkat herinner, veroorsaak dat haar besluit oor waar sy hoort - in die land van haar voorouers of in Israel by haar geliefde Yachin? - nie meer so maklik is nie. Monument is feitefiksie. Dit is 'n verhaal rondom die Vrouemonument in Bloemfontein en ander monumente van klip en marmer.

Maar ten diepste wys di roman na die onvernietigbare monumente wat Suid-Afrikaners al die afgelope 100 jaar in mekaar se menswees bou.

Monument vertel van die meesterbouers, die vroue van Sentraal-Suid-Afrika.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624063151 / 9780624063155
Ebook
09/07/2013
Afrikaans
286 pages