Image for Hagedash die Hadeda

Hagedash die Hadeda

Part of the Oorspronklike Afrika-verhale series
See all formats and editions

'n Pragtige storie, in rymende versvorm, wat handel oor 'n hadeda wat lief is om te sing.

Kinders regoor die land sal goed bekend wees met Hagedash en haar gesin - die karakters is geskep uit die komiese voels wat elke dag op die grasperke by hulle huise te siene is.

Die teks vertel die storie van Hagedash, Hagar en hulle familie en werp 'n insiggewende blik op die kenmerke en gewoontes van hadedas.

Wat oorspronklik 'n rustige toneel is word vinnig omskep in 'n groot beroering - maar alles kom tot 'n vredeliewende einde.

Die kleurvolle, vrolike illustrasies is deur Claire Norden, 'n bekwame kinderboek-illustreerder, geskep. 'n Bladsy gevul met plakkers spoor jong lesers aan om aktief aan die storie deel te neem.

Dit is die derde titel in Struik Nature se 'Oorspronklike Afrika-verhale' reeks wat in die toekoms as klassieke plaaslike kinderliteratuur bestempel sal kan word.

Hierdie verhaal sal by kinders en hul ouers aanklank vind.

Die boek is ook in Engels beskikbaar.

Read More
Available
£2.50
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Penguin
1775841928 / 9781775841920
eBook (EPUB)
01/10/2014
Afrikaans
28 pages
Copy: 10%; print: 10%