Image for Die Stella-moorde

Die Stella-moorde

See all formats and editions

Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoskuis vroeg op 'n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer.

Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk.

Xander Bylsma (19), 'n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, 'n skrander donkerkop.

Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van 'n grudaad in 'n gemeenskap van vervlegte lewens?

Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat na die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.

Read More
Available
£10.86
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Lapa Publishers
0639602010 / 9780639602011
eBook (EPUB)
01/06/2021
Afrikaans
216 pages
Copy: 10%; print: 10%