Image for Rusplek Vir Die Hart

Rusplek Vir Die Hart

See all formats and editions

Olivia October beeindig haar netballoopban in Australie en keer terug na Suid-Afrika.

Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid.

Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met di van Shaun Mouton, 'n professionele, krieketafrigter en hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak.

Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.

Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het en vind tot sy verbasing troos by Olivia.

Die feit dat hulle voorlopig 'n huis moet deel lei tot wrywing, maar stadigaan ook tot dieper begrip. 'n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na 'n rusplek soek. Rusplek vir die hart loop in die spore van Tuiskoms van die hart wat in April vanjaar verskyn het.

Read More
Available
£3.19
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Lapa Publishers
1776359194 / 9781776359196
eBook (EPUB)
01/08/2023
South Africa
Afrikaans
192 pages
Copy: 10%; print: 10%