Image for Op Pad in Suid-Afrika: Verken Suid-Afrika streek vir streek

Op Pad in Suid-Afrika: Verken Suid-Afrika streek vir streek

See all formats and editions

Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken.

Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het n vars, kontemporre voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so n klassieke werk maak.

Die vorige twee uitgawes het n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.Die 37 hoofstukke is in n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring.

Elke hoofstuk handel oor n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied.

Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks.

Die boek bied iets vir almal of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok.

Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 fotos bevat Op Pad in Suid-Afrika n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£8.70
Product Details
Sunbird
192028981X / 9781920289812
eBook (Adobe Pdf)
06/06/2014
Canada
English
392 pages
Copy: 20%; print: 20%