Image for Ver in die wereld, sushi!

Ver in die wereld, sushi!

See all formats and editions

Koos Kombuis se veelsydigheid ken geen perke nie. In 'n loopbaan van meer as drie dekades het die gewilde en dikwels omstrede kopdoekdraer hom gevestig as skrywer en sanger wie se invloed ver strek.

Terselfdertyd het hy hom onderskei as sosiale en politieke kommentator van formaat.

Ver in die wereld, sushi! is Kombuis se vyfde rubrieke bundel en bevat opiniestukke wat verskyn het in gedrukte en aanlyn-publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot, Distrikspos, LitNet en Netwerk24.

Met sy kenmerkende satiriese blik spreek Kombuis hom uit oor 'n verskeidenheid onderwerpe: die stommiteite van politici, streke van kinders in openbare plekke, die misterie wat instellings soos die Poskantoor en munisipaliteite aan die gang hou, roeringe in die Afrikaanse musiekbedryf, sensitiwiteite tussen geslagte en gendergroeperinge, die perels van wysheid wat haarkapsters in 'n klient se skoot laat val ...

Maar die bundel re ekteer veel meer as net 'n sardoniese humorsin wat help om gewigtige kwessies in perspektief te stel.

Wanneer Koos Kombuis terugkyk oor sy roemryke loopbaan en sin probeer maak van verlies en dood, voer hy lesers mee na streke van die gees wat selde deurgrond word.

Ver in die wereld, sushi! is 'n heildronk op die insigte van 'n uitsonderlike stem in Afrikaans.

Read More
Available
£7.50
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Penguin
1770228829 / 9781770228825
eBook (EPUB)
05/08/2015
Afrikaans
208 pages
Copy: 10%; print: 10%