Image for Nuwe liefde op Moredou

Nuwe liefde op Moredou

See all formats and editions

Milla het 'n plaas geerf. Sy's 'n stadsmeisie - 'n gholfbaanontwikkelaar - maar die feit dat haar pa wat sy nooit geken het nie nou vir haar 'n plaas nalaat . . . Sy moet eenvoudig gaan kyk. In die Karoo aangekom is sy gou oortuig dat haar plaas, Moredou, absoluut 'n spog-gholfbaan moet word.

Sy sien reeds die sukses van die gewaagde solo-onderneming voor haar geestesoog, al bly ou Daantjie Appels sy ganse lewe daar en al het die plaas 'n eie bekoring wat sy mettertyd leer liefkry.Maar sy het nie gereken op teenstand soos die wat Lukas haar bied nie.

Hy doen navorsing oor die gebied se silwervossies, en hoewel die vonke sommer dadelik tussen hom en Milla spat, staan die silwervosse en Moredou se toekoms tussen hulle.

Om van sy opdringerige eks nie te praat nie . . .

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624056406 / 9780624056409
Ebook
17/09/2010
South Africa
Afrikaans
220 pages