Image for Die Net Is Gebreek

Die Net Is Gebreek

See all formats and editions

"Ons, net soos 'n voel het ons ontvlug uit die net van voelvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug." (Ps. 124:7). Die meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende.

Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar.

Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee.

Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal.

Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van 'n gesonde gebedslewe.

In Die net is gebreek word ons herinner dat 'n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei.

Dan kan daar betekenis wees in 'n tyd van teenspoed, en 'n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£9.25
Product Details
Lapa Publishers
1776351266 / 9781776351268
eBook (EPUB)
01/02/2022
Afrikaans
192 pages
Copy: 10%; print: 10%