Image for Die tonnel

Die tonnel

See all formats and editions

Tot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie.

Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens 'n motorongeluk waarin haar ma sterf.

Haar pa is 'n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wereld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is 'n losbol en 'n rokjagter . . . Toe Markus Rademeyer op sy sterfbed le, skroei die skuldgevoelens deur sy hart.

Wat gaan van sy verlamde dogter word? Want Mynhardt, sy stiefseun, het so 'n reusebedrag geld by hom geleen dat daar geen sprake is van 'n goeie erfporsie aan Ilse nie.

Maar dan bedink hy 'n oplossing. Nog Ilse nog Mynhardt sou ooit uit hul eie tot iets so waansinnigs ingestem het, maar diep in sy hart weet hy dit is die regte besluit . . . Danksy haar vader se testament word Ilse verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp.

Gelukkig ken die liefde sy eie tyd.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624066401 / 9780624066408
Ebook
20/07/2013
Afrikaans
224 pages