Image for Wag-'n-bietjiebos van die liefde

Wag-'n-bietjiebos van die liefde

See all formats and editions

'n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver.

Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig?

Hoekom moes 'n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat?

Die wag-'n-bietjiebos by die voorhekkie van Helm se huis is vir hom simbool van sy lewe.

Bid dat jou eie lewe nie in 'n wag-'n-bietjiebos vasgevang word nie, waarsku Helm vir Lisbe. 'n Mens het altyd raad vir ander totdat jou eie lewe skielik in die dorings van hoekoms en waaroms verstrengel raak.

Wanneer Lisbe op 'n dag self letterlik verstrik raak in daardie bos, word dit ook simbool van die vangtakke waaruit sy haar nie kan ontwar nie.

Want erens langs die pad het sy haar hart verloor. En nes Helm, weet sy nie hoe om te ontsnap uit die takke van die wag-'n-bietjiebos van die lewe nie.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624067017 / 9780624067016
Ebook
20/07/2013
Afrikaans
224 pages