Image for 'n Leksel Sout Uit Die Maande

'n Leksel Sout Uit Die Maande

See all formats and editions

In hierdie versameling essays ondersoek meesterverteller Jan Nel die onvernietigbaarheid van die lewe: Immer is daar seisoene.

Immer is daar na die eb weer 'n gety; na die winterdood weer lentelewe; na die val weer opstaan; na die leed weer vreugde.

Dieselfde maand wat liggame opeis, stoot vars blomme uit die verwarmende grond.

Uit die dooie takke van 'n boom, uit die dooie winter, kom nuwe lewe.

Hoekom dan twyfel dat daar vir die mens insgelyks hoop kan wees?

Op sy tipiese wyse en beeldende vertelstyl, deurweef met beide diepte en kwinkslae, ontbloot hy daardie tikkies van die ewigheid in elke liewe ding, van 'n melodie se soetheid tot goeters in 'n deurmekaar laai.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£12.95
Product Details
Protea Boekhuis
1869193059 / 9781869193058
Paperback / softback
13/07/2011
South Africa
134 pages
137 x 213 mm, 155 grams
General (US: Trade) Learn More