Image for Kolonie Aan Die Kaap

Kolonie Aan Die Kaap : Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652-1662 - Deel 3

See all formats and editions

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroee blanke vestiging aan die Kaap.

In die deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers.

Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai 'n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroee besoekers beskryf.

Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek.

Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. 'n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die hoe amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in die Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militere parades kom in hoofstuk 4 aan die bod. 'n Klein klompie hoe Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was.

Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek.

Die boek sluit af met 'n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£31.00
Product Details
Protea Boekhuis
1869192710 / 9781869192716
Hardback
07/07/2011
South Africa
436 pages
164 x 240 mm, 1002 grams
General (US: Trade) Learn More