Image for Oor Grense: 'n Lewe in die media in 'n tyd van verandering

Oor Grense: 'n Lewe in die media in 'n tyd van verandering

See all formats and editions

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika.

Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front 'n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir 'n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om die groep - wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is - te vernuwe.

Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit 'n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.Naspers moes ook op kommersiele vlak moderniseer.

Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal.

In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar.

Onder Bekker se leiding het Naspers bele in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot 'n groep wat vandag finansiele belange regoor die wereld het.

Dit sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroee tagtigs vir sodanige vernuwing gele het nie.Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwereld in 'n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, 'n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het.

Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Read More
Available
£7.91
Add Line Customisation
Available on VLeBooks
Add to List
Product Details
Jonathan Ball Uitgewers
1868428877 / 9781868428878
eBook (EPUB)
070.92
05/09/2018
Afrikaans
288 pages
Copy: 20%; print: 20%