Image for Van altyd af

Van altyd af

See all formats and editions

Cilla is 'n hoerskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon.

Haar groot liefde is diere - perde in die besonder - en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer.

Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie.

Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuitiewe benadering staan hom geensins aan nie.

Maar sy diepblou oe en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend.

Het sy hom nie al iewers ontmoet nie? Langbeen, donkerkop Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Daar is soveel hartseer in sy verlede . . . sal hy ooit teenoor homself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Tafelberg
0624058735 / 9780624058731
Ebook
13/12/2011
Afrikaans
224 pages