Image for Bygelowe en waar hulle vandaan kom

Bygelowe en waar hulle vandaan kom

See all formats and editions

Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in 'n teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie?

Dit sal ongeluk oor die opvoering bring. Daarom staan die klassieke werk daar as die Skotse Drama bekend.

Weet jy dat geboue in Oos-Asi glad nie 'n vierde verdieping het nie, en dat geboue in Hong Kong geen verdieping met 'n syfer vier daarin het nie.

Verdieping 4, 14, 24, 34 en 40 tot 49 ontbreek in di wolkekrabbers.

Baie mense in China, Korea en Japan ly aan tetrafobie en het 'n vrees vir die syfer vier.

Dit bring onheil, glo hulle. Waarom word groen nie in Franse teaters gebruik nie en violet nie in Italiaanse teaters nie?

Want daar bestaan verskeie bygelowe hieroor wat van kultuur tot kultuur verskil.

En boonop kan 'n bygeloof in een kultuur, 'n volksgeloof in 'n ander wees.

Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom vertel hy die leser in Bygelowe en waar hulle vandaan kom van 'n duisternis bygelowe wat wreldwyd bestaan, en werp hy soms ook lig oor die herkoms daarvan.

Di naslaanbron is die eerste omvattende Afrikaanse woordeboek oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn.

Read More
Title Unavailable: Withdrawn
Product Details
Pharos
1868901351 / 9781868901357
Ebook
31/01/2013
Afrikaans
370 pages