Image for Wreed en mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling

Wreed en mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling

See all formats and editions

Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat.

Hierdie boek probeer om die stilte te verbreek. In Wreed n mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling.

Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer. S skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgel is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het. 'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wreld blymoedig te verlaat.

Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n le graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis. Die dood is wreed ja, maar dit kan - verrassend genoeg I ook mooi wees.

Read More
Special order line: only available to educational & business accounts. Sign In
£9.09
Product Details
Jonathan Ball Publishers
186842944X / 9781868429448
eBook (EPUB)
08/05/2019
Afrikaans
1 pages
Copy: 20%; print: 20%